Is Bankrotskap, Misdaad en Werkloosheid Suid-Afrikaners se Voorland?

gadget max1

‘n Engelse spreekwoord sê “Adapt or Die”, en Suid- Afrikaners staan vandag voor die keuse. Die wêreld se ekonomiese resessie is lank nie verby nie en alles dui daarop dat Suid-Afrika op die randjie van ‘n ekonomiese ineenstorting is. Meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse werk geleenthede het verlore gegaan sedert 2008. Kantore en winkels in nuwe sentrums en winkelkomplekse staan leeg. Daarbenewens is die Suid-Afrikaanse ekonomiese speelveld ietwat ongelyk met swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en regstellende aksie, wat maar net ‘n spieëlbeeld van apartheid is.

Gesonde verstand, tegnologie en deursettingsvermoë kan egter die speelveld gelyk trek vir enige persoon of groep wat dit wil doen, maar dan sal Suid-Afrikaners ‘n paar aanpassings moet maak en met nuwe idees vorendag moet kom. Dit is geensins nodig om kultuur, godsdiens en erfenis af te skeep nie, maar moderne tegnologie moet ingespan word en ‘n paar aanpassings sal gemaak moet word om ‘n wenvoorsprong in die huidige ekonomiese klimaat te verseker.

Enige besigheid eienaar weet ‘Tyd is Geld’ en ongelukkig is bank- en arbeidskoste in Suid-Afrika besonder duur. Werknemers beding gereeld vir beter salarisse maar produktiwiteit neem nie noodwendig toe nie. Die kostes vir groter salarisse moet natuurlik êrens verhaal word, en dit word gewoonlik weer as ‘n prysstyging aan verbruikers deurgegee. Dit skep weer groter eise vir beter salarisse en sodoende styg inflasie; wat gedurig in toom gehou moet word. Kyk maar net wat het met die Zimbabwe Dollar gebeur.

Vir besighede, fabrieke en myne is die oplossing natuurlik om personeel te vervang met tegnologiese oplossings. Sodoende verrig robotte deesdae mense se werk in fabrieke en tegnologie vervang handearbeid in baie ekonomiese sektore. Suid-Afrikaanse besighede kan hulle interne prosesse geweldig outomatiseer om besigheid kostes dramaties te verlaag. Dit is ook een van die redes waarom die werkloosheid syfers in Suid-Afrika toeneem ondanks alle pogings om werksgeleenthede te skep.

Uiteindelik kom dit daarop neer dat produktiwiteit verhoog moet word of verbruikers gaan meer betaal. Verbruikers wil agter nie meer vir produkte en dienste betaal nie, daarom word mense vervang met tegnologiese oplossings en styg die werkloosheid syfers. Dit skep egter weer ‘n nuwe dilemma. Bankrotskappe en misdaad neem toe wanneer werkloosheid toeneem, en het besighede ook ‘n morele verpligting teenoor die samelewing om die ekonomie te bevorder. Mense wat werkloos is kan immers ook nie geld spandeer om nuwe produkte en dienste aan te skaf nie, en kan die hele land se ekonomie sodoende in duie stort.

Diegene wat ekonomies wil oorleef in die huidige ekonomiese klimaat, moet besef dat weerstand teen verandering hul ondergang kan beteken, veral in ‘n snel veranderende tegnologiese wêreld. Daarom is die nastreef van nuwe tegnologiese oplossings en nuwe idees nou bitter nodig.

Share with Friends! - Deel met Vriende!