Koepel Stereo FM

ksfm

Radio Koepel of te wel Koepel Stereo 94.9 FM saai uit in die Parys omgewing.

Koepel Stereo FM (KSFM) is ‘n Gemeenskap Radio Stasie gebaseer in Parys in die Vrystaat-provinsie van Suid-Afrika. Die stasie is gelisensieer is om te werk op die 94,90 MHz frekwensie deur die regulerende liggaam OKOSA, met ‘n mandaat van 30% Engels 70% Afrikaans.

KSFM is ‘n kragtige kommunikasiemiddel vir die Ngwathe munisipale gemeenskap. Dit het ‘n sterk verbintenis met die sewende wêreld-erfenisterrein, die Vredefort Koepel. Hierdie terrein word erken as die oudste en grootste impak sone deur ‘n asteroïede op aarde.

Die stasie bied ‘n diens aan die gemeenskap deur die uitsaai van programme van belang vir die gemeenskap. Die inhoud is divers en wissel van plaaslike en internasionale nuus, aktualiteit, kook, gesondheid, finansiële, politieke en musiek programme. Die luisteraars se ouderdomme wissel van pensioenarisse tot klein kinders.

KONTAK BESONDERHEDE

Ateljee Telefoon Nr: 079 103 1432
Skype – koepelstereo
BBM – 21A96BD8

Facebook – Deelnemende Gesprek Groep
Webtuiste – http://koepelstereo.co.za